Skoolwapen.gif

 

 

   
Geskiedenis van skool

Geskiedenis

die akademie van ons skool

Akademie

Sport

Sport

Kultuur

Kultuur

VCSV

VCSV

Foto's

Foto's

Sluit aan by ons klub

Sluit aan by klub!!!

Forum

Forum

kontak ons

Kontak ons

soekenjin

soekenjin

 

Die Hoërskool Monument park  bied verskillende kultuur-aktiwiteite aan. Leerlinge het die vrye keuse om by die kultuur-aktiwiteite aan te sluit. Die volgende aktiwiteite word aangebied: Afrikaanse redenaars vereniging, Engelse debatsvereniging, VCSV, skoolkoerant, skaak, noodhulp en koor.Hier volg 'n kort beskrywing van sommige van die kultuuraktiwiteite.

Afrikaanse Redenaars vereniging:

Hierdie vereniging is onder leiding van twee onderwyseresse by die skool, Me. Theron en Götze. Hierdie vereniging begin elke jaar vroeg-vroeg, sodat hul uitdunronde ten minste twee weke voor die tweede ronde van die ATKV-redenaars kompetisie is. Die persone wat by die eerste uitdunronde gewen het verteenvoordig dan die skool by ATKV kompetisie. Indien hulle by die tweede ronde goedgevaar het sal hulle kwalifiseer vir die halfeindronde wat 2001 en 2002 by die Hoërskool Monument Park gehou is. Benewens die ATKV- redenaarskompetisie is daar ook die junior raportryers wat deur die rapportryers vereniging aan gebied word, die Nasou Redenaarskompetisie, asook die Forumdebat.

Die Afrikaanse Redenaars Vereniging hard aan die werk

English debating society:

Dit was in 2000 deur Me. Havenga gestig, om 'n gelyke kans aan Engelse leerders te gee wat graag Debat in hul moedertaal wil doen. Talle van die leerders het in verskeie kompetisies goedgevaar. Hulle neem hoofsaaklik aan die Tygerberg Eisteddfod en die Interskole-redenaarskompetisie deel.

Skoolkoerant:

Die skoolkoerant is in 1990,een jaar na die opening van die skool op die been gebring. Die skoolkorant het van 'n afgerolde plakstuk tot 'n moderne koerantjie wat heeltemal op die rekenaarontwerp word. Op die oomblik is daar 22 redaksielede, wat in graad 9-11 is, asook die matriek-redaksie wat uit net matrieks bestaan. Die skoolkorant het 'n hoë sirkulasiesyfer met 164 intekenare, asook ander leerders wat die koerantjie op 'n gereeld basis (eenmaal 'n kwartaal) aankoop.

VCSV

Die VCSV was in 1990 saam met die opening van die skool gestig. destyds het dit nog bekend gestaan as die ACSV (Afrikaanse Christelike Studente Vereniging). Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het dit saam gesmelt met die SCA (Student Cristian Assosiation) om saam die VCSV te vorm. Elke jaar word daar in Augustus leerlinge genomineer deur die VCSV-bestuur om op die volgende jaar se bestuur te dien. Die leerlinge word dan vir onderhoude by die skool, onder leiding van VCSV-personeel genooi,vanwaar die Personeel sal beluit wie op die VCSV-bestuur gaan dien vir die volgende jaar. 

Hulle organiseer gereeld jeugbyeenkomste bv. koffiekroeë om die leerlinge nader aan God te bring. Daar word ook 2 kampe 'n jaar gereël vir die leerlinge, waarvan een saam met die ander skool in Kraaifontein, Eben Dönges gereël word.

Waatlemoenfees op VCSV-kamp

Skaak

Hierdie aktiwiteit is oop vir alle leerlinge van graad 8- graad 12.Die skaakspanne kom elke Vrydagmiddag na skool in labratorium 5 bymekaar vir hul skaakoefening van ± 1 uur lank. Die skaakspan speel ook greeld skaakwedstryde teen ander skole. Ons skaakspan speel in die sg. Superliga

Noodhulp

Aan die begin van die jaar word daar 'n hatlike uitnodiging aan alle leerders gerig om by die noodhulp aaan te sluit. Die nuwe leerlinge sal dan opleiding ontvang in noodhulp vlak 1. Hulle is werksaam by sportbyeenkomste, wanneer hulle saam met 'n paramedici. 

Koor

Die skool koor is 'n ideale begin vir alle musieksterre van môre. Dit is nie net meisies wat by die koor nie, maar ook die seuns kan aansluit. Ons kort hoeka 'n paar bas-stemme vir die koor. Hulle neem ook aan verskeie koorkompetisies deel, waarvan die Tygerberg Eistedfod net een is. 

To the top



Click here to visit frontpage's website 

Home English Geskiedenis Akademie Sport Kultuur VCSV Foto's Klub Forum Kontak ons Soekenjin