Skoolwapen.gif

 

     
History of our school

Geskiedenis

The academics of our school

Akademie

Sport activities

Sport

The culture of our school

Kultuur

United Christian Student Association

VCSV

Pictures

Foto's

Join our club !!!

Sluit aan by klub

Forum

Forum

contact us

Kontak ons

soekenjin

 
Stigting:                      Die skool open sy deur op die eerste dag van die eerste kwartaal in 1989 vir 220 graad 8 en 9 leerlinge, 12 personeellede, ‘n sekretaresse, skoolopsigter en twee algemene assistente

Inwyding:                    Die amtelike inwyding het op 29 April 1992 plaasgevind toe dit deur die Uitvoerende Direkteur van Onderwys van daardie tyd, Dr SW Walters, waargeneem.

Naam:                         Die naam Monument Park verwys na die Parke-woongebiede in Kraaifontein, die parklandskap waarin die skool geleë is en dit as ‘n monument vir opvoeding en onderwys sal dien. Die eerste waarnemende skoolhoof, Mnr Theo Boshoff, se aandeel in die formulering van die skool se naam word met dankbaarheid herken.

Skoolwapen:               Drie simbole word op die skoolwapen voorgestel : Die Pilare van Opvoeding, die Vlam van Hoop en die Fontein van Kennis.Skoolwapen.gif Die skoolwapen bevat ook die drie kleure van die skool, rooi,wit en koningsblou. Die skool se leuse, Fide et Labore beteken Deur geloof en harde werk.

Huisgroepe:                 Die skool se leerlinge word volgens hul vanne in drie huisgroepe verdeel: A-G is in Constantia-wit, H-O is in Joostenberg-blou en P-Z is in Kronendal-rooi. Al hierdie name is van Historiese plase in die omgewing, waarvan Constantia die bekendste is vir sy hoë-kwaliteit uitvoerwyne soos Carbinet Sauvignon.

Skoollied:                    Die skoollied is geskryf en getoonset in 1989 deur meneer en mevrou Dirkie de Villiers.

To the top



Home Engels Geskiedenis Akademie Sport Kultuur VCSV Foto's Klub Forum Kontak ons Soekenjin